Kunstenaar van die Maand

    

Daniel Mitton - Welkom By Die Huis

Sien Meer


Oor MUSE

As gevestigde liedjieskrywer en wenner van Huisgenoot Tempo se eerste liedjieskrywer-kompetisie (2008) – met vele treffers op my kerfstok soos Liefde Soldaat, Somerlag (Coca-Cola), Papsopwinterwaternat, Superman, en nog baie meer – is ek ook stigterslid van die groep ADAM, wat al groot sukses behaal het in die Suid-Afrikaanse musiekmark; asook uitvoerende vervaardiger van die nuwe meisie-sangroep sensasie, MWAH! Ek word op ‘n weeklikse basis oorval met e-posse en telefoonoproepe van mense wat droom oor ‘n sangloopbaan; of ouers wat glo dat hulle kind talentvol genoeg is om dit te maak. Ek word vir advies gevra, veral hoe ‘n mens dit regkry om ‘n voet in daardie intimiderende deur, naamlik die musiekbedryf, te kry?

So algemeen soos wat bogenoemde vrae is, so skaars is dit dat mense van die begin af die regte benadering volg. Meeste van die kunstenaars, insluitend myself, moes op die harde manier leer. Gewoonlik gaan mense en neem ‘n swak kwaliteit ‘demo’ op van een of ander bekende liedjie. Hulle vat dan die ‘demo’ met ‘n ‘cover’ liedjie daarop na platemaatskappye en hoop vir die beste. Deur jare se samewerking met platemaatskappye, weet ek dat dit die grootste fout is wat ‘n mens kan maak. Platemaatskappye kry daagliks honderde sulke CD’s en volgens hulle sing die een persoon mooier as die ander, en lyk ook sommer mooier as die volgende. Wat hulle soek is OORSPRONKLIKHEID en ‘n volledige pakket van die voornemende kunstenaar wat hierdie oorspronklikheid beklemtoon.

MUSE Productions bied drie verskillende pakette aan, elk spesifiek ontwerp vir die individu. Lees elke pakket noukeurig deur om te sien wat elkeen bied en ook seker te maak watter een vir jou gemaak is.

-Hugo Ludik